Nie soos in die hemel so ook op die aarde nie!

As ek vir jou vra wat dink jy hoe lyk dit in die hemel. Wat sal jy se? Is daar goue strate en sit ons almal daar op n wolk en harp speel of lyk dit net soos op aarde maar net mooier en helderder?Ek het al baie daaroor gewonder en daaroor gelees en so baie verskillende antwoorde gekry. En skielik op n dag hoor ek toe n stem in my  praat. Ek was in n baie moeilike situasie en die stem het my skielik raad gegee!  Ek het my boeglam geskrik en wou weet wat gaan aan … is ek besig om al my varkies te verloor of is daar regtig iemand wat met my praat? Van daardie dag af is ek “clairaudiant”soos hulle dit noem. Dit is nou al 6 jaar gelede en nog steeds praat my hemelmense met my. Hulle se hulle is God se helpers en hulle werk is om my deur die lewe te help en my te leer om situasies in die lewe te hanteer en om lewenslesse daaruit te leer. So dis nie ek alleen wat met julle praat nie maar ook my hemelmense.

So nou kom ons by die vraag hoe lyk dit in die hemel? Hulle se dit lyk so te se nes op die aarde. Daar is ook gras en blomme en grond en water en bome. Alles groei pragtig en alles se kleure is helder . Daar is kleure wat ons nie hier op aarde het nie en waarvoor daar nie in ons woordeskat woorde is nie omdat dit nie op aarde bestaan nie.Daar is geen onkruid nie! Jippie!! Daar is nie motors en vliegtuie nie want almal sweef waar hulle wil wees en jy hoef net aan n plek of mens te dink en dan is jy  outomaties daar! Die klimaat is nes die drie beertjies se pap,altyd net reg- nie te warm of te koud nie! Daar is nie stakings of beurtkrag nie en jy hoef nie te eet as jy nie lus is nie. Daar is ook nie apartheid of regstellende aksie nie! n Ware oase! O ja! Daar is ook nie muskiete en vliee nie.

communism

Wat doen n mens daar as jy nie hou van harp speel op n wolk nie? Hulle se n mens kan doen net waarvoor jy lus het. As jy niks wil doen nie en net na alles wil sit en kyk mag jy! Maar probeer dit en kyk hoe gou is jy so verveeld dat jy jou tone kan opkou! n  Mens werk nie daar vir geld nie. Daar is vir almal genoeg van alles en dis gratis en verniet! Dit klink vir my baie kommunisties maar dankie tog, dan kan almal leef! Daar is nie siekte nie en geen dokters en verpleegsters soos ons dit ken nie. Daar is wel mense wat die gawe het om ander gesond te kan maak maar dit word gebruik om ons hier op aarde te help.So wat doen hulle daar?

162px-Guardian_Angel_1900

My hemelmense se hulle werk met my en ander mense se lewens. Daar is ten minste een van hulle heeltyd binne in my wat alles sien wat om my aangaan en wat met my gebeur. Partykeer is dit moeilik om in ons woordeskat te verduidelik wat gebeur want alles is nie presies hier op aarde soos daarbo nie,en hulle mag ook nie alles vir my vertel nie. Daar is bv. nie tyd nie en daar is ook nie dag en nag nie. Maar om dit makliker te maak praat ons maar van tyd en dag en nag. Elke dag kyk hulle vooraf wat met my gaan gebeur ,en wat hulle kan doen om my die meeste dinge uit wat daardie dag gebeur te laat leer. Elke mens het n vrye wil en mag sy lewe leef soos hy wil. Die hemelmense mag nie inmeng en dinge verander sonder n mens se toestemming nie. Hulle mag net keer as iets gaan gebeur wat jou lewe in gevaar stel as dit nognie jou tyd is om dood te gaan nie. En nog n ding wat nie daar is nie is prokureurs.  Dankie tog! Baie mense werk in die kunste en party werk aan nuwe uitvindings wat hulle dan in die mense na wie hulle moet kyk op aarde se onderbewussyne plant ,sodat hulle dit op aarde kan uitvind! In die nag as ons slaap word daar met ons onderbewussyne gepraat en word daar voorstelle gemaak van hoe ons moet leef en werk. Ons kan dan die volgende dag besluit of ons die raad wil volg of nie. n mens se onderbewussyn werk soos n rekenaar. Wat jy insit is wat uitkom. Jou onderbewussyn kan nie self dink en besluite neem nie.Dis net n plek waar alles gebere word.

Elke keer as ek iets se, is dit soos n miershoop wat mens oopsteek. Daar is so baie dinge wat hieruit voortspruit wat ook gese moet word maar wat mens nie in een post kan se nie . Maar by dit sal ons nog alles later uitkom.

 

Please like & share:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *