About

In hierdie blad gaan ek praat oor die lewe en hoekom ons hier is. Het jy al ooit gaan sit en dink waarom is ek hier? Waarom juis ek. Hoekom lyk ek soos ek lyk, en wat is my doel hier op aarde. Hoe werk my liggaam en wat laat my leef soos ek leef en doen wat ek doen. Hier gaan ek moontlikhede plaas van hoe ander en ook ek die lewe sien en ondervind. Dit is sienings van ander mense en ook party van my eie en is nie noodwendig die alfa en die omega nie.  Ek plaas dit hier om jou gedagtes te prikkel en jou te laat dink en redeneer oor wat bo in die hemel is en ook wat onder op die aarde is. En soos die slim mense se:Soos in die hemel so ook op die aarde. Het jy al ooi daaroor gedink? Hoe is dit regtig in die hemel? Is dit soos op die aarde maar net vol lig en en liefde? Hier gaan ek enige iets bespreek wat van jou ‘n beter mens kan maak en jou doelgerig kan laat lewe, met lus en voluit!  Kom deel hierin en leef saam met my hierdie lewe vol verrassings en vol opwinding!

 

Ons gaan kyk hoe werk jou liggaam en wat maak jou siek. Wat moet jy doen om gesonder te wees.

Ons gaan ook praat oor alles wat rondom ons aangaan want dit maak die lewe interressant . Dit sluit ‘diy’  dinge in. Stokperdjies kleur die lewe in!

Wie is ek? Ek is n Biofeedback terapeut wat kyk hoe energievlakke in ‘n mens se liggaam werk en dit balanseer.  Ek werk met ‘n scio.  Ek is ook ‘n geregistreerde vepleegkundige(suster).

Dan doen ek ook healing, en is clearaudient. Ek doen ook dowsing en automatic writing en het spirit guides wat my op hoogte hou van veranderinge en leiding gee in my lewe. Verder is die lewe vir my ‘n ontdekkingsreis van al God se wonders!

Leef voluit in die lig!

Ansie

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *